KEURDERS & INSPEKSIES
Keurders & inspeksies
Klik op skakels hieronder
Die Ras-keurders maak gebruik van die Standaard van Voortreflikheid wanneer diere visueel gekeur en beoordeel word
Dit is die minimum standaard vir die keuring aan die hand van visuele voorkoms en prestasie. Laasgenoemde se besondere waarde in die ontwikkeling van die ras staan duidelik uit in die eenvormigheid en algemene voorkoms van die Drakensberger.
Word ’n keurder!
Om ’n keurder te word, moet jy ’n junior keurderskursus bywoon en die teoretiese en praktiese eksamens slaag. As leerderkeurder moet jy ten minste drie keuringstoere meemaak met senior keurders en drie positiewe verslae ontvang om aan beveel te word as junior keurder.
Dan as junior keurder moet jy ten minste drie keuringstoere meemaak met senior keurders en drie positiewe verslae ontvang om aan beveel te word as senior keurder.