Drakensberger-Telersgenootskap van Suid-Afrika

Die ware winsbees

Die Drakensberger is ’n medium raam bees met ’n gladde swart haarkleed, ’n opmerklike lang en diep lyf met ’n rustige temperament en is een van slegs drie inheemse beesrasse van Suid-Afrika. Die ras is oor honderde jare hier in Suid-Afrika geteel en ontwikkel deur natuurlike en wetenskaplike seleksie, met die gevolg dat die Drakensberger ’n voordeel geniet bo ander rasse in terme van aanpasbaarheid, gehardheid en natuurlike weerstand teen bosluise en bosluis-oordraagbare siektes. Dit word dikwels uit die oog verloor dat die ras uit ’n tydperk dateer toe diere natuurlik aangepas moes wees om te oorleef. Omdat geen dipmiddels of beproefde medisyne bestaan het nie, moes hulle vlieë, muskiete, bosluise en parasiet-oordraagbare siektes kon weerstaan. Die Drakensberger-beesras het amptelik met die stigting van die Suid-Afrikaanse Drakensberger-Beestelersgenootskap op 7 November 1947 ontstaan.

Drakensbergers is die ware winsbees onder ekstensiewe omstandighede in Suid-Afrika asook die res van die wêreld!

NUUS EN OPDATERINGS:

OPKOMENDE GEBEURTENISSE - 2025 / 2026

  • JANUARIE 2026
    21 Januarie – Keurder Toerleier Vergadering – Wakkerstroom
    22 Januarie – Keurdersopknapping – Gryshoek
  • FEBRUARIE 2026
    12-13 Februarie – Vleisbees kursus
      – Pamflet
      – Program 
    14 Februarie – Vrystaat Studiegroep
  • MARCH 2026
    3 Maart – Herlewingslandbou – Reitz
  • APRIL 2026
    23 April – 2 Mei – Bloemskou – Bloemfontein
    27 April – SA Stamboek Elite Bulgroeitoetsklas – Bloemfontein
  • MEI 2026
    12-15 Mei – Nampo 2026
    27 Mei – Buffalo Valley Veiling – Carolina
  • JUNIE 2026
    17 Junie – Drakensberger AJV – Parys, Afridome
    18 Junie – Drakensberger Nasionale Veiling – Parys, Afridome
  • JULIE 2026
    22 Julie – Ermelo OTDK Alleras – Ermelo
    23 Julie – ROUVUS Veiling – Ventersburg
  • AUGUSTUS 2026
    5 Augustus – Neuman Broers Besigtigingsdag – Vrede
    6 Augustus – Neuman Broers Veiling – Vrede
    12 Augustus – Talman en Calela Veiling
    20 Augustus – SHDK Veiling- Vrede
  • SEPTEMBER 2026
    3 September – Black Fox Veiling – Klerksdorp
    10 September – 6+ Veiling – Bultfontein
    11 September – Nagenoeg Veiling – Barkly Oos
    23 September – Black Hills Veiling – Jonkersdam
  • OKTOBER 2026
    17 – 19 Oktober – Nampo Alfa

Gereelde Publikasies

Ontdek die Drakensberger-ras

Oorsprong

Die oorsprong van die Drakensberger kan teruggevoer word tot die inheemse beeste van die Khoi en ander inheemse bevolkingsgroepe van die Kaap en omliggende gebiede. Vasco da Gama het reeds op 2 Desember 1497 melding gemaak in sy dagboek van die "vet, swart os" wat hy geruil het by die inheemse bevolking. Eers na die koms van Jan van Riebeeck in 1652, ...

Hoekom Drakensbergers

Die Drakensberger is ’n medium raam bees met ’n gladde swart haarkleed, ’n opmerklike lang en diep lyf met ’n rustige temperament en is een van slegs drie inheemse beesrasse van Suid-Afrika. Die ras is hier geteel en ontwikkel met die gevolg dat die Drakensberger ’n voordeel geniet bo ander rasse in terme van aanpasbaarheid, gehardheid en natuurlike weerstand teen bosluise en bosluis-oordraagbare siektes.

Die handleiding

Die doel van hierdie handleiding is om stoettelers en kommersiële boere toe te rus met die nodige kennis van die Drakensberger-beesras asook om die werking van die telersgenootskap uiteen te sit.

Die vereistes van lidmaatskap word hierin vervat en ’n basiese bestuursprogram word ingesluit.

Ons Borge