Drakensberger-Telersgenootskap van Suid-Afrika
Die ware winsbees
Die Drakensberger is ’n medium raam bees met ’n gladde swart haarkleed, ’n opmerklike lang en diep lyf met ’n rustige temperament en is een van slegs drie inheemse beesrasse van Suid-Afrika.
Die ras is oor honderde jare hier in Suid-Afrika geteel en ontwikkel deur natuurlike en wetenskaplike seleksie, met die gevolg dat die Drakensberger ’n voordeel geniet bo ander rasse in terme van aanpasbaarheid, gehardheid en natuurlike weerstand teen bosluise en bosluis-oordraagbare siektes.
Dit word dikwels uit die oog verloor dat die ras uit ’n tydperk dateer toe diere natuurlik aangepas moes wees om te oorleef.
Omdat geen dipmiddels of beproefde medisyne bestaan het nie, moes hulle vlieë, muskiete, bosluise en parasiet-oordraagbare siektes kon weerstaan.
Die Drakensberger-beesras het amptelik met die stigting van die Suid-Afrikaanse Drakensberger-Beestelersgenootskap op 7 November 1947 ontstaan.
Drakensbergers is die ware winsbees onder ekstensiewe omstandighede in Suid-Afrika asook die res van die wêreld!
Week1
- Ma 27
- Di 28
- Wo 29
- Do 30
- Vr 1
- Sa 2
- So 3
- Ma 4
- Di 5
- Wo 6
- Do 7
- Vr 8
- Sa 9
- So 10
- Ma 11
- Di 12
- Wo 13
- Do 14
- Vr 15
- Sa 16
- So 17
- Ma 18
- Di 19
- Wo 20
- Do 21
- Vr 22
- Sa 23
- So 24
- Ma 25
- Di 26
- Wo 27
- Do 28
- Vr 29
- Sa 30
- So 31
-
Geen gebeure nie
-
Geen gebeure nie
-
Geen gebeure nie
-
Geen gebeure nie
-
Geen gebeure nie
Gereelde Publikasies
Ontdek die Drakensberger-ras

Oorsprong
Die oorsprong van die Drakensberger kan teruggevoer word tot die inheemse beeste van die Khoi en ander inheemse bevolkingsgroepe van die Kaap en omliggende gebiede. Vasco da Gama het reeds op 2 Desember 1497 melding gemaak in sy dagboek van die "vet, swart os" wat hy geruil het by die inheemse bevolking. Eers na die ...

Hoekom Drakensbergers
Die Drakensberger is ’n medium raam bees met ’n gladde swart haarkleed, ’n opmerklike lang en diep lyf met ’n rustige temperament en is een van slegs drie inheemse beesrasse van Suid-Afrika. Die ras is hier geteel en ontwikkel met die gevolg dat die Drakensberger ’n voordeel geniet bo ander rasse in terme van aanpasbaarheid, gehardheid en ...

Die handleiding
Die doel van hierdie handleiding is om stoettelers en kommersiële boere toe te rus met die nodige kennis van die Drakensberger-beesras asook om die werking van die telersgenootskap uiteen te sit. Die vereistes van lidmaatskap word hierin vervat en ’n basiese bestuursprogram word ingesluit.