KEURINGS
Keuring van diere
Vra jy wat die Drakensberger-beestelersgenootskap aan sy lede bied, is die antwoord ’n deeglike een – nes die diens wat jy van dié genootskap kan verwag.
Die Drakensberger-beestelersgenootskap is op 7 November 1947 gestig om hierdie unieke inheemse ras te beskerm. Die genootskap het ’n Standaard van Voortreflikheid aanvaar waaraan Drakensberger-stoetdiere moet voldoen.
Die nageslag van stoetdiere word jaarliks deur keurders van die genootskap op elke stoetteler se plaas volgens hierdie standaard beoordeel en gekeur. ’n Dier wat hierdie keuring slaag, word dan met die gesogte “D” op die linkerskouer gebrandmerk.
Hierdie keuringstoere vind jaarliks gedurende Maart, April en Mei landwyd plaas.
Kontak ons kantoor om te reël dat ons telersgenootskapsers u besoek!