{"id":36,"date":"2021-02-01T10:27:38","date_gmt":"2021-02-01T10:27:38","guid":{"rendered":"https:\/\/drakensbergers.co.za\/Afrikaans\/?page_id=36"},"modified":"2025-11-19T08:59:37","modified_gmt":"2025-11-19T08:59:37","slug":"oorsprong-en-geskiedenis","status":"publish","type":"page","link":"https:\/\/drakensbergers.co.za\/Afrikaans\/oorsprong-en-geskiedenis\/","title":{"rendered":"Oorsprong en Geskiedenis"},"content":{"rendered":"\t\t<div data-elementor-type=\"wp-page\" data-elementor-id=\"36\" class=\"elementor elementor-36\" data-elementor-post-type=\"page\">\n\t\t\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-36f1464 elementor-section-full_width elementor-section-height-min-height elementor-section-items-bottom elementor-section-height-default\" data-id=\"36f1464\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\" data-settings=\"{&quot;background_background&quot;:&quot;classic&quot;}\">\n\t\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-background-overlay\"><\/div>\n\t\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-no\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-4c7fae22\" data-id=\"4c7fae22\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-51fe6c86 elementor-widget elementor-widget-heading\" data-id=\"51fe6c86\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"heading.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t<h2 class=\"elementor-heading-title elementor-size-default\">OORSPRONG EN GESKIEDENIS<\/h2>\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<section class=\"elementor-section elementor-top-section elementor-element elementor-element-969480c elementor-section-boxed elementor-section-height-default elementor-section-height-default\" data-id=\"969480c\" data-element_type=\"section\" data-e-type=\"section\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-container elementor-column-gap-default\">\n\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-column elementor-col-100 elementor-top-column elementor-element elementor-element-e4cb32c\" data-id=\"e4cb32c\" data-element_type=\"column\" data-e-type=\"column\">\n\t\t\t<div class=\"elementor-widget-wrap elementor-element-populated\">\n\t\t\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-a47b5a4 elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"a47b5a4\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p>Die oorsprong van die Drakensberger kan teruggevoer word tot die inheemse beeste van die Khoi en ander inheemse bevolkingsgroepe van die Kaap en omliggende gebiede. Vasco da Gama het reeds op 2 Desember 1497 melding gemaak in sy dagboek van die &#8220;vet, swart os&#8221; wat hy geruil het by die inheemse bevolking. Eers na die koms van Jan van Riebeeck in 1652, spesifiek gedurende die bewind van goewerneur Willem Adriaan van der Stel rondom 1700, het beesboerdery ernstig begin posvat. Die invloed van die plaaslike bevolking se beeste verdien ook om vermeld te word. Na die slag van Vegkop in 1837 onder leiding van Sarel Celliers het die Voortrekkers byna al hulle vee verloor. Trekosse is deur naburige trekkers van Thaba Nchu aan hulle voorsien, maar die meeste diere is egter deur ruilhandel van koning Mosjesj van die Basotho&#8217;s (huidige Lesotho) bekom. Tydens die slag van Umfolozi op 26 Desember 1838 het die Trekkers die meeste van hulle beeste, tesame met \u2019n aantal van die plaaslike Nguni&#8217;s, herwin. Die invloed van die plaaslike swart bevoking se vee kan dus nooit uitgesluit word uit die geskiedenis nie.<\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-d17bda2 elementor-blockquote--skin-border elementor-widget elementor-widget-blockquote\" data-id=\"d17bda2\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"blockquote.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t<blockquote class=\"elementor-blockquote\">\n\t\t\t<p class=\"elementor-blockquote__content\">\n\t\t\t\tDie Drakensberger-beesras het amptelik op 7 November 1947 ontstaan.\t\t\t<\/p>\n\t\t\t\t\t<\/blockquote>\n\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-13633ec elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"13633ec\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p class=\"text-justify\">Di\u00e9 Swartbeeste het mettertyd bekend geraak as Vaderlanders. Daar bestaan dokument\u00eare bewyse dat die Voortrekkers teen 1837 die Kaapse grensgebiede met spanne Vaderlanders voor hul waens verlaat het. \u2019n Spesifieke trekker, Jacobus Johannes Uys en sy seun Dirk Cornelius Uys (bekend as Swart Dirk), wat Grahamstad in 1838 verlaat het om na die huidige KwaZulu-Natal te gaan, sou later \u2019n besonderse rol in die ontwikkeling van die Drakensbergers speel. Met metodiese inteling en streng seleksie binne \u2019n geslote kudde, het Swart Dirk Uys, wat hom in die omgewing van Wakkerstroom en Utrecht gevestig het, besonderse diere geteel. Swart Dirk (1814-1910) se teelprogram is deur sy seun, Coenrad, en skoonseun, MJ (Joey) Uys, voortgesit. Die resultaat daarvan was \u2019n besliste rastipe. Di\u00e9 diere het later as die Uys-bees bekend gestaan. Voorbeelde van Trekkers wat tydens die Groot Trek uitsluitlik swart spanne osse gebruik het, was die Breytenbachs, Du Pisanies, Du Plessis&#8217;s, Maritze, Smutse, Potgieters, Spiese, Van Rooyens, Engelbrechts, Jordaans, Kemps, Kloppers, Kochs en Prinsloos.<\/p><p class=\"text-justify\">Tot en met die ontdekking van goud aan die Witwatersrand is die beeste grootliks met die oog op gebruik as trekdiere geteel. Die produk was diere met sterk en groot voorkwarte, terwyl die agterkwarte oorwegend lig en klein was. Soos daar bevolkingsgroei, tegnologiese vordering en meganisasie plaasgevind het, het die klem na vleisproduksie verskuif.<\/p><p class=\"text-justify\">Verskeie moeilike tydperke het egter vir die plaaslike veebedryf en die ontwikkelende Drakensberger-beesras voorgel\u00ea. Die belangrikste hiervan was:<\/p><ul class=\"text-justify bullets\"><li>Die uitbreek van Runderpes in 1896 toe nagenoeg 746,500 beeste gevrek het.<\/li><li>Die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) toe ongeveer 600,000 beeste van kant gemaak is.<\/li><li>Die Wet op Veeverbetering van 1934 toe die Uys-bees (Vaderlanders) nie as \u2019n ras erken is nie (\u2019n staatsubsidie is destyds vir die gebruik van bulle van erkende beesrasse betaal).<\/li><\/ul>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-element elementor-element-f29b83e elementor-widget elementor-widget-text-editor\" data-id=\"f29b83e\" data-element_type=\"widget\" data-e-type=\"widget\" data-widget_type=\"text-editor.default\">\n\t\t\t\t<div class=\"elementor-widget-container\">\n\t\t\t\t\t\t\t\t\t<p class=\"text-justify\">Dertien jaar later het \u2019n kommissie van die Departement van Landbou \u2019n verslag voorgel\u00ea wat aanbeveel het dat die Uys-bees as \u2019n ras ingevolge die Wet op Veeverbetering van 1934 aanvaar moet word. Omdat Uys-beesontwikkeling meestal daar plaasgevind het en in groot getalle in die weidingsgebiede van die Drakensberg voorgekom het, is aanbeveel dat die naam van die ras na Drakensberger verander word.<\/p><p class=\"text-justify\">Die sogenaamde &#8220;Tin Tin Blacks&#8221;, Buys-, Kemp-, Landman- en Brookes beeste verdien ook om vermeld te word vanwe\u00eb hulle wesenlike bydra tot die gene-poel van die Drakensbergers.<\/p><p class=\"text-justify\">Die Drakensberger, wat in die moeilikste omstandighede denkbaar ontstaan het, is vandag \u2019n baie gewilde ras en beslis \u2019n &#8220;winsbees&#8221; wat in vennootskap en harmonie met die natuur gedy. Dit word dikwels uit die oog verloor dat die ras uit \u2019n tydperk dateer toe diere natuurlik aangepas moes wees om te oorleef. Omdat geen dipmiddels of beproefde medisyne bestaan het nie, moes hulle vlie\u00eb, muskiete, bosluise en parasiet-oordraagbare siektes kon weerstaan.<\/p><p class=\"text-justify\">Die Drakensberger-beesras het amptelik met die stigting van die Suid-Afrikaanse Drakensberger Beestelersgenootskap op 7 November 1947 ontstaan. Met die eerste inspeksies in Februarie 1948 is 621 diere aangeteken. Teen die einde van 1954 was die syfer 1,723 diere, waarvan 73 bulle en teen 1961 was daar reeds 4,752 aangetekende diere. In Mei 1969 is die Drakensberger Beestelersgenootskap as \u2019n Assosiaat-lid tot SA Stamboek toegelaat en in 1972 as \u2019n volle lid.<\/p><p class=\"text-justify\">In 1980 het die telersgenootskap besluit om prestasietoetsing verpligtend vir toelating tot lidmaatskap te maak. Sedertdien kom slegs prestasie-getoetsde diere vir inspeksie en registrasie in aanmerking. Omdat die hele ras aan prestasietoetsing onderwerp is, het die eerste ontleding volgens BLUP (&#8220;Best Linear Unbiased Prediction&#8221;) in Suid-Afrika op die databasis van die Drakensberger plaasgevind.<\/p>\t\t\t\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\t<\/div>\n\t\t<\/section>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>OORSPRONG EN GESKIEDENIS Die oorsprong van die Drakensberger kan teruggevoer word tot die inheemse beeste van die Khoi en ander inheemse bevolkingsgroepe van die Kaap en omliggende gebiede. Vasco da Gama het reeds op 2 Desember 1497 melding gemaak in sy dagboek van die &#8220;vet, swart os&#8221; wat hy geruil het by die inheemse bevolking. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"parent":0,"menu_order":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","template":"","meta":{"footnotes":""},"class_list":["post-36","page","type-page","status-publish","hentry"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/drakensbergers.co.za\/Afrikaans\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/36","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/drakensbergers.co.za\/Afrikaans\/wp-json\/wp\/v2\/pages"}],"about":[{"href":"https:\/\/drakensbergers.co.za\/Afrikaans\/wp-json\/wp\/v2\/types\/page"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/drakensbergers.co.za\/Afrikaans\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/drakensbergers.co.za\/Afrikaans\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=36"}],"version-history":[{"count":30,"href":"https:\/\/drakensbergers.co.za\/Afrikaans\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/36\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":5294,"href":"https:\/\/drakensbergers.co.za\/Afrikaans\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/36\/revisions\/5294"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/drakensbergers.co.za\/Afrikaans\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=36"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}