Die genootskap bied jaarliks opleidingskursusse aan waar voornemende keurders teoretiese en praktiese opleiding ontvang. Individue wat hierdie kursus slaag, kwalifiseer dan as keurders-in-opleiding.
Ná drie keuringstoere onder leiding van ’n senior keurder kan só ’n leerder tot ’n junior keurder vorder. Ná ’n verdere drie toere, waartydens die junior keurder deurgaans gunstige verslae moet ontvang, kan hy as ’n senior keurder aanbeveel word.
’n Jaarlikse opknappingskursus vir keurders word ook in Februarie aangebied.
Download the following documents:
Aansoekvorm vir keurderskursus
Keurderkursus-administrasiedokument
Keurderkursus-keuringsdokument
Die tegniese subkomitee van die genootskap spits hom toe op navorsing ten gunste van die vooruitgang en bevordering van die ras. ’n Aantal wetenskaplike studies is in die onlangse verlede voltooi en gedokumenteer in artikels en/of M.Sc.-studies. Van hierdie studies handel onder meer oor:
Die goeie prestasie van die ras in die voerkraal
Die doel van die studie was om die groeie prestasie en voorkoms van gesondheidsafwykings van die Drakensberger ras te vergelyk met die totale versameling van ander rasse in die voerkraal. Die dat vanaf sentrale Fase C stasies en historiese groei en gesondheidsdata van 'n aantal voerkrale is versamel.
Die studie het bevind dat daar geen noemenswaardige verskil in die voorkoms van metabolise afwykings en ander siektes blyk te wees tussen die Drakensberger ras en ander rasse.
Lees die volledige navorsingsdokument
Die hitte-aanpasbaarheid van die ras, wat uitstekend gepresteer het vergeleke met ander inheemse rasse en aansienlik beter as die Europese rasse.
Drakensbergers stres nie oor hitte
Klik op skakel hieronder om meer te lees oor die voordele van ’n inheemse ras:
Suid-Afrika se beesrasse–’n erfenis vir voedselsekuriteit
Voordele van ’n inheemse ras–Danie Bosman
Klik op skakels hieronder om pdf's af te laai