Hoekom Drakensbergers

Drakensberger—Die winsbees
 

Die Drakensberger is ’n medium raam bees met ’n gladde swart haarkleed, ’n opmerklike lang en diep lyf met ’n rustige temperament en is een van slegs drie inheemse beesrasse van Suid-Afrika. Die ras is hier geteel en ontwikkel met die gevolg dat die Drakensberger ’n voordeel geniet bo ander rasse in terme van aanpasbaarheid, gehardheid en natuurlike weerstand teen bosluise en bosluis-oordraagbare siektes.

Die moderne Drakensberger is die produk van ontwikkeling - meegebring deur streng seleksie en gebaseer op wetenskaplike norme. Die klem is deurlopend geplaas op ekonomies belangrike aspekte, soos aanpasbaarheid, vrugbaarheid, sterk melkeienskappe, langslewendheid, groeivermoë, voeromset-verhouding en karkasgehalte.

Nogtans geniet voorkoms steeds hoë voorrang en word daar steeds streng volgens die Standaard van Voortreflikheid gekeur.

Laasgenoemde se besondere waarde in die ontwikkeling van die ras staan duidelik uit in die eenvormigheid en algemene voorkoms van die Drakensberger. Die Drakensberger het ontwikkel tot ’n ras met besonderse genetiese eienskappe, wat dit bykans ’n foutvrye beesras maak, volgens wyle prof. Cas Maree (1994).

 

Laai die volgende af—
Klik op die skakels hieronder

 Drakensberger se Standaard van Voortreflikheid—sien Hoofstuk 13 van handleiding

 Video's en potgooie

 

’n AANGEPASTE dier is ’n PRODUKTIEWE dier
Die Drakensberger - die winsbees in harmonie met die natuur.