Handleiding

Drakensberger—Die winsbees
 

Die doel van hierdie handleiding is om stoettelers en kommersiële boere toe te rus met die nodige kennis van die Drakensberger beesras asook om die werking van die telersgenootskap uiteen te sit. Die vereistes van lidmaatskap word hierin vervat en ’n basiese bestuursprogram word ingesluit.

Toeligting van die keuringstelsel en die standaard van voortreflikheid, berekende teelwaardes ("EBV") ten opsigte van die Drakensberger is ingesluit terwyl telers ook meer wys word oor SA Stamboek, die Produksie Aantekeningskemas en die gebruik van sagteware-toepassings soos LOGIX-Vleis, BeefPro en StoetMeester.

 

Laai die handleiding af