BV 080318 (BV Tandarts)


B.V.Tandarts is 'n eg tipiese Drakensberger met baie goeie bespiering en manlikheid, sy vaar Calela Ingwe is ´┐Żn hoogs ingeteelde Bul , suiwer B.V. teling terug na B.V.Hotshot 2 (Gryspoot). Die bul is vir twee seisoene gebruik in die Buffalo Valley stoet en sy kalwers is 21 Kg swaarder dan as die B.V. kudde gemiddeld en het uitstaande bouvorm en tipe. Sy moeder is verkoop as een van die "Golden oldies" vir R14000.00 op die 29 ste Buffalo Valley veiling in 2010.

Die bul is vir 'n rekord prys van R115 000,00 aan Johan Rautenbach van Lindley verkoop in Mei 2012.