News Archives

December 2016 Newsletter
Click here for the December 2016 Newsletter
2016 NoordKaap en Namibia keuringstoer

Die 2016 Noord Kaap en Namibia Keuringstoer skop af Laat Sondag middag by dr. Johann Fourie op Tosca op sy Belvedere plaas. Daar was net genoeg lig oor om een van die Black Fox kudde bulle deur te kyk voor dr. Johann verander in Sjef Johann. Ons is bederf met gebraaide galjoen wat Johann in Suidwes self gevang het vir voorgereg en rooivleis, slaai, aartappel gereg en heerlike wyn!

Vroeg Maandag oggend keur ons bulletjies en verse op Tosca wat pragtige kondisie het vir diere wat uit een van die droogste seisoene in ons land die afgelope dekade. Vandaar wys Francois Weideman ons sy bulletjies en verse van die Bloubosput stoet naby Reivilo. Dit kon ongelukkig net ‘n vinnige stop wees omdat ons op daardie stadium nog die grens wou oop gevang het. Daar was darem genoeg tyd gewees om ‘n goeie voorbeeld van ‘n dubbel bespierde bulletjie te sien.

Tyd en afstand verplig ons om duskant die grens in Upington te oornag voor ons vroeg dinsdag oggend oor die grens is na Gerrit Maritz net anderkant Aroab. In Namibia het Gerrit ons op eg Namibiese gasvryheid onthaal. In twee dae se tyd is die hele kudde deurgewerk en die een of twee diere aan die onderste punt uitgewys. Keurders het gehelp diere tussen die duine haal, jong diere gekeur saam met twee mane van Feedmaster wat vir Gerhard se veldbul toets kom gewigte neem het. Hulle het sommer gebly vir keuring, aangesien een van hulle, Louwrens, ‘n Namibiese interras beoordeelaar is. Ons ras doen goed in Namibie en met Gerhard wat die ras hand en tand bemark begin die belangstelling optel. Waarlik van die top diere in die ras gesien, en dit ander kant die grens.

2016 NoordKaap en Namibia keuringstoer Verslag - J van der Merwe (1.66 MB)

2016 NoordKaap en Namibia keuringstoer Verslag - M Esterhuizen (1.62 MB)

Junie 2014 Newsletter
Click here for the Junie 2014 Newsletter
President's report
Read the latest President's report 2015 by clicking here.

Aan ons Skepper en Hemelse Vader bring ek al die lof, eer en dank vir die seëninge wat Hy so mildelik op ons elkeen uitstort en dat Hy Sy hand van bewaring oor ons hou. In 'n uiters uitdagende jaar het die Drakensbergers steeds presteer en hul kant gebring.
Veekundige beraad in Vrede

Drakensberger Raad en konsultante bespreek belangrike punte in die toekomsbeplanning van die Ras wat insluit:

  • Drakensbergers se prestasie in die voerkraal:
  • Hoeveel inteling is daar in die ras en is dit belangrik om nuwe teellyne te skep?
  • Is die groot hoeveelheid data wat verskaf word in veilings katalogusse werklik van waarde vir die kommersiële teler?
  • Is Fase C nog relevant?

En nog vele meer. Lees gerus hier verder. Van die konsultante wat betrokke was sluit in:
Dr. Hannes Dreyer, Peter Milton, Prof Frikkie Neser, Barry Symons ens.

Landbouweekblad
Click here for the Drakensberger appendix
Landbouweekblad se grootste bylaag oor die Drakensberger nog, word gesels oor die genootskap, stoet telers en vele suksesvolle kommersiele boere. Lees meer hier oor die bylaag van 10 April 2015
Feedlot performance of the Drakensberger in comparison with other cattle breeds

The aim of this study was to compare the growth performance and incidences of health disorders of the Drakensberger breed to the collective total of all other beef breeds in feedlots. Results from Phase C performance tests at the centres, as well as historical growth and health data were gathered from a number of feedlots. There seem to be no significant differences in the occurrence of metabolic disturbances and other diseases between Drakensbergers and other breeds.

Click on this link to read the complete dissertation.

December 2014 Newsletter
Click here for the December 2014 Newsletter
President's report

Read the latest President's report 2014 by clicking here.

Wesenlike vrae vir die omstandighede rondom ons, die huidige situasie in Suid Afrika is oor die algemeen swakker daaraan toe as 'n jaar gelede. Die veranderde politieke gesig is neerdrukkend en oordonderend, wat deur aanhoudende druk op Landbou die Boerderygemeenskap kniehalter en stremmend inwerk op vooruitgang.

Veekundige Beraad
Click here for the "Veekundige Beraad"
Verblyf / Accommodation

Bespreek nou jou verblyf vir die 2013 Nasionale Drakensberger veiling - 26 April by Parys AfriDome
Kliek hier

Book your accommodation now for the 2013 National Drakensberger Auction - 26 April at Parys AfriDome
Click here
Dagbreek: Landbousake - Drakensberger beesras
President's report

Read the latest President's report by clicking here.

Stockman of the year!
Neuman Brothers - Molatek 2012 Stockman of the year! / Neuman Broers - Molatek 2012 veeboer van die jaar!
Read more / Lees meer...
December 2013 Newsletter
Click here for the December 2013 Newsletter
Drakensberger Algemene Jaarvergadering en Bosberaad
28 - 29 September 2012
Meer inligting...
Foto's
Latest President's report

Read the latest President's report by clicking here.

2013 het die wêreld geskud, Somaliërs veg onverpoosd, Sirië erken hulle het chemiese wapens, die Russe keer laat dit bars, netnou sê Sirië waar hulle die wapens gekry het ! Met die Drakensbergerstelers het dit oor die algemeen gesien, goed gegaan. Sommige lede is ontmoedig deur bloedbek veilings, sommige was tevrede en sommige het die beste veilings van hulle lewens gehad.

Ultimate Beef Challenge
Drakensberger steak by Local Grill video:
HN 07 65 (Bynaam Bulldozer)

0765 (bynaam Bulldozer) is uit 'n besondere koeilyn met moeder HN 04104 geteel. Al haar kalwers wat vir keuring voorkom is goedgekeur. Sy het ook 'n toekenning gekry vanaf die Drakensberger genootskap as 'n preferente "A" koei. Haar TKP is 383 dae en sy is in die boonste 10% van die ras vir geboorte gewig, groei tempo en doeltreffendheid. Vir speengewig is sy 30% beter as die gemiddeld van die ras.

Bulldozer is 'n besonderse harde bespierde bul met 'n lang lyf. Op geboorte het die Bul net 27KG geweeg. Op die veldtoets het die bul as volg presteer:

GDTndex 120,
Kondiesie telling index 118
Bespierings index 130

Tesame met sy goeie blup teelwaardes is hierdie verseker 'n stoetbul wat in enige kudde, hetsy stoet of kommersieel, 'n positiewe bydrae sal lewer. Die bul is vir 'n rekord prys van R107 500,00 aan Johan Botha van Standerton verkoop in 2011.

National Drakensberger Auction
26 April 2013 at the Parys AfriDome

Click here to see the 2013 National Auction catalogue of the ultimate breeding material. Click here to see last year's offer of the best Drakensbergers. Contact Frans 082 336 5497 or Rodney 082 746 8142 for more information.

BV 080318 (BV Tandarts)

B.V.Tandarts is 'n eg tipiese Drakensberger met baie goeie bespiering en manlikheid, sy vaar Calela Ingwe is �n hoogs ingeteelde Bul , suiwer B.V. teling terug na B.V.Hotshot 2 (Gryspoot). Die bul is vir twee seisoene gebruik in die Buffalo Valley stoet en sy kalwers is 21 Kg swaarder dan as die B.V. kudde gemiddeld en het uitstaande bouvorm en tipe. Sy moeder is verkoop as een van die "Golden oldies" vir R14000.00 op die 29 ste Buffalo Valley veiling in 2010.

Die bul is vir 'n rekord prys van R115 000,00 aan Johan Rautenbach van Lindley verkoop in Mei 2012.

Drakensberger manual

The new look Drakensberger manual was also released during this event.

To download a copy of the manual click here

Home grown Drakensberger beef at Local Grill for the month of March

What a special day!!!! Monday the 4th of March 2013, is a day I believe would be remembered for a long time. The Drakensberger Society made history by introducing Drakensberger meat at a Restaurant called, The Local Grill Parktown North,in Johannesburg. Because Drakensberger beef performed so well during the Ultimate beef challenge it was honored by the Local Grill, dedicating the month of March to Drakensberger beef.

Beef enthusiasts and breeders sat down at 12 o clock when Steve Maresh, the owner of Local Grill, opened the day by welcoming everybody. He brought across the message from "field to fork" which captured the attention of the crowd. After eating Drakensberger ribblets as a starter Willie Landman, representing the Drakensberger society, gave a brief background history of our beloved cattle. A task which I believe he did with a lot of knowledge and enthusiasm and gained many a friend for our breed.

Present at this function was, Weber, Deli spice, Rib shack Red, and Karan Beef. The established food magazine called Food and Home were present as well as a writer from the Sunday Times Newspaper.

Jodee-Ann Pearton, who has received South African colors for cheffing and also took the title of South African Chef of the Year, 3 years consecutively was full of praise for our product, Drakensberger beef.

The day was ended with the hanging of a glass logo which has a proud position in the restaurant for all to see.

Thank you to Gert Du Preez for supplying the meat. Your product did us proud.

VIVA DRAKENSBRGERS VIVA!!!!!

LONG LIVE THE PROFIT BREED LONG LIVE!!!!!

Click here for the background of the Drakensberger (PDF)

Grasmunt Pannas 2 (gebore 21-09-2008) - Boertjie Fees 2010

Hy het die Drakensberger Ras in die Interras Prestasie Klas tydens die Pretoria Skou verteenwoordig. Hy is 'n Goue Meriete bul met 'n GDT van 1.944 kg per dag met 'n voeromset van 4,78 tot 1. Die punt wat hy behaal het vir visiele voorkoms was 86 uit 100 deur ons Genootskap Keurders en 90 deur die Beoordelaars.'n Voortreflike Bul wat dan ook verkoop is vir R50,000 aan Hendrik Bester van Excelsior.

The Local Grill

Indigenous Drakensberger Beef available at the Local Grill during March 2013. Drakensberger beef performed so well during the Ultimate beef challenge that the month of March is dedicated to Drakensberger beef at the Local Grill. Click on this link to visit the Local grill.

Inheemse Drakensberger vleis beskikbaar by die Local Grill gedurende Maart 2013. Drakensberger vleis het so goed gedoen gedurende die Ultimate Beef challenge dat Maart maand gewei word aan Drakensberger vleis by die Local Grill. Klik hier om die Local Grill te besoek.

Drakensberger Commemorative Journal

The Drakensberger breeders association celebrated its 65th year with the release of a commemorative journal at the annual dine and general meeting. At the dine the new commemorative journal was handed to the re-elected president , dr. Johann Fourie, by Carel Nel. With a proven history of more than 360 years several milestones are highlighted in the journal of the Drakensberger's journey which include the first sighting and write up by Vasco da Gama of black oxen, Simon van der Stel's improvement of the breed, the "groot trek", the initiation of the breeders association in 1947 and compulsory performance testing for all breeders since 1980. One of the oldest Drakensberger breeder families wrote in the journal: They who does not revere the past

Vanuit Die Administratiewe Arena

'n Gans nuwe lewe het vir my aangebreek op Woensdag 20 September 2006, toe ek die Drakensberger arena betree.

Slegs een maand later het ek my in die Hoof Arena begewe met die eerste Raads-vergadering. Ek dink 'n stiervegter wat vir die eerste keer die arena betree voel ook so. Daar was gepraat van TKP's, Teelwaardes, Speengewigte, speentydperke, keurings, fase C Bulle, en al sulke tegniese dinge, sjoe al wat ek gesien het was hierdie swart bul wat op my afstorm met oopgesperde neusvleuels! Min van die tegniese sake waaroor gepraat was, het sin gemaak. Ek het die aand doodmoeg en gespanne vir Cas gesê, ek dink die Swartbul het my vandag in die stof getrap!

Die ledelys het bestaan uit ongeveer 100 name en adresse van vreemdelinge wat my kliënte moet word, gou het ek agtergekom hierdie is 'n klomp baie vriendelike, hartlike mense en elke naam op die ledelys het gestalte gekry. Sommige het al gesigte gekry maar meeste het al vriende geword gedurende die afgelope nege maande. Weereens het ek besef dat die gesegde 'a stranger is just a friend you do not know' so waar is. Drakensberger vriende is uniek, hulle raak opgewonde oor die gewig wat 'n dier opgetel het in 'n kort periode, hulle kweek 'n liefde vir die swartbeeste by jou sonder dat jy een van hierdie diere nog ooit gesien het!

Gedurende Maart het ons Clarens toe gery. Skielik het die name langs die pad vir my betekenis gekry. Die beeste wat in die veld geloop het, het vir my anders begin lyk. Op pad terug van Clarens het ons naby Vrede 'n groot kudde swartbeeste sien loop. Ek het dadelik geweet dat dit Drakensbergers is. Cas moes stilhou dat ek hulle kon besigtig. Toe verstaan ek die woorde van 'n Raadslid wat gesê het: 'Alle swartbeeste is nie Drakensbergers nie'. Hierdie beeste was pragtig, nooit gedink ek kan so opgewonde raak oor vreemde beeste wat langs die pad loop nie.

Baie dankie vir die geleenthede wat my gegun was, dit was goeie nege maande, party dae het ek nog gedink die Swartbul trap my in die stof in maar sommige dae het ek gesien dat die Swartbul knipoog vir my. Die bul in die arena, is nie 'n gewonde dier met spiese in sy rug nie, hy is 'n trotse dier, wat met sy kop hoog loop, want hy het 'n 'D' op sy boud

Aan elke lid met wie ek sover paaie gekruis het, baie dankie, dit was aangenaam. Ek vertrou dat ek meer van julle sal ontmoet tydens die AJV wat in September plaasvind. Indien daar enigsins iets is wat krap, skakel my gerus ons kan dit saam uitsorteer. Aan Dave, baie dankie vir jou geduld. Jy het in 'n vorige nuusbrief gesê, ek weet van 'n rekenaar maar van beeste niks. Ek het baie geleer by jou, van harde werk, van lang ure sonder ophou, ek weet nog steeds nie veel van beeste af nie, sal definitief nie een kan keur nie, maar het al baie by jou geleer.

Ek moet elke Drakensberger lid krediet gee - elkeen van julle bestuur julle rekeninge met soveel verantwoordelikheid. Met sulke lede kan die Ras net van krag tot krag groei. U gaan binnekort gefaktureer word volgens u Per Kapita lyste vanaf Stamboek asook ledegeld vir die nuwe finansiële jaar, dus maak ek staat op u volgehoue en getroue betalings. 
Groete
Stienie

DNA - Lidcat Stelsel

Ronwe Wolmarans

Veediefstal in ons land is kommerwekkend. Die jongste syfer van April 2005 tot April 2006 is 60 000 gesteelde beeste teen 'n verlies van R300 miljoen.

Die doel van hierdie sisteem is n diens aan die veeboer in Suid Afrika om op n uiters bekostigbare manier : -sy veekudde teen diefstal te beskerm en -biologiese monsters beskikbaar te hê wanneer bv n ouerskap gedoen moet word. Hierdie is n projek waarin biologiese materiaal van n dier bv hare met wortels aan gestoor word. Dit word in duplikaat en in 2 aparte geboue (vir geval van brand) gestoor. Die fooi is(huidiglik -2007) R10 per dier en geld lewenslank vir die betrokke dier. In die haarwortel is die unieke DNA van hierdie spesifieke dier dan beskikbaar wanneer benodig. Sou die eienaar die DNA inligting benodig vir n ouerskap/registrasie/n veediefstal saak is die monster beskikbaar en DNA kan dan teen die normale tarief(huidiglik-2007) van R130 per /dier gedoen word.

Hoe om te werk te gaan:

Kontak ons telefonies of per faks en vra Lidcat stelle(@ R10) aan. Ons pos dit dan aan u en u ontvang n rekening. Die eienaar trek hare met haarwortels aan en verdeel dit in die 2 aparte sakkies. Die eienaar vul die inligting op die ingeslote kaartjie in die eerste sakkie in, skeur die eienaar se helfte van die 2 e kaartjie af en bewaar dit vir sy eie boekhouding. Plaas nou die kaartjies in die sakkies terug tesame met die hare. Die sakkies word met die 'tamperproof sticker' wat in die sakkies ingesluit is ,geseël. Die unieke barcode word nou gekoppel aan die spesifieke dier. Die eienaar pos nou die duplikaat stel hare van die dier aan ons en ons plaas die inligting op ons databasis en stoor die sakkies met die inhoud.

Die grootste kwessie rondom veediefstal is positiewe identifikasie. Die dieregenetika afdeling van die LNR-Irene, doen al 'n dekade lank forensiese DNA ondersoeke met groot sukses. In die geval waar 'n dier gesteel word, kan 'n monster van die dier (dood of lewend) geneem word en dié se DNA profiel vergelyk word met die verwysingsmonster ten einde identiteit te bewys.

Ons motto: The easiest way of making money is to stop losing it!!

Perspektiewe op die gebruik van Kruisrasbulle in Kommersiele Vleisbees Produksie

Perspektiewe op die gebruik van Kruisrasbulle in Kommersiele Vleisbees Produksie

SJ Schoeman Departement Veekundige Wetenskappe, Universiteit van Stellenbosch

Kruisteling is in baie lande van die wêreld vir baie jare reeds 'n standaard telingspraktyk. In opnames in die VSA gedoen, is getoon dat ongeveer 80% van die vleisbeeste bemark, kruisings is. Ooreenstemmende syfers in Kanada is ongeveer 90% en Australië (Sundstrom et al, 1994). In Suid-Afrika is na skatting minstens 60% van beeste wat deur voerkrale aangekoop word, kruising. Kruisteling is dus wêreldwyd van die allergrootste belang. Opnames het aan die ander kant weer getoon dat kruisteelstelsels meestal swak beplan en betreklik oneffektief is. Die persentasie 'effektiewe' kruisteelstelsels varieer vir die VSA, Australië en Nieu-Seeland tussen slegs 15 en 45% (Sundstrom et al, 1994)

Alhoewel die verhoging in dierprestasie vanweë die benutting van heterose/basterkrag teoreties van beide die manlike en vroulike dier afhanklik is, het kruisteling veral gebaat by die gebruik van die kruisrasmoeder. Materne prestasie word hierin gerieflikheidshalwe as 'n komponent van nageslagprestasie gemeet en is hoofsaaklik die resultaat van beter moederlike vermoë, bv. deur verhoogde melkproduksie en reproduksievermoëns. Hierdie verhoging kan, wanneer as 'n saamgestelde eienskap (bv. totale kalfgewig by speen per 100 koeie gepaar) uitgedruk, aansienlik wees.

By verskeie geleenthede is die gebruik van kruisrasbulle in kruisteelstelsels deur sommige veekundiges as moontlikheid genoem en in sommige gevalle selfs sterk gepropageer. Ons moet egter, wanneer ons van kruisrasbulle praat, onderskeid tref tussen kruisingsbulle in die ontwikkeling van komposiete/sintetiese populasies en F1 bulle vanuit kruisings tussen twee suiwer rasse verkry. Dit mag wees dat hoe kwaliteit bulle uit eersgenoemde meer geredelik beskikbaar kan wees in teenstelling met wat in laasgenoemde die geval kan wees. Hierdie bespreking het hoofsaaklik op laasgenoemde betrekking.

'n Vraag wat sekerlik gevra kan word, is waarom sou produsente dit hoegenaamd oorweeg om kruisingsbulle te gebruik. Na my mening sou slegs die volgende oorwegings geldig kan wees, naamlik:

  • Deur 'n verhoging in prestasie te bewerkstellig
  • Omdat kruisingsbulle goedkoper mag wees

Die invloed van kruisrasbulle op speengewig

Navorsingsresultate waarin kruisrasbulle geevalueer is, is betreklik beperk in vergelyking met die evaluering van kruisraskoeie van verskillende rasse, waar 'n magdom van inligting beskikbaar is. Dit illustreer dan ook die waarde wat aan die kruisrasmoeder geheg word. Die bydrae van kruisrasbulle in die verhoging van speengewig word aan die hand van 4 proewe, waarvan 2 in die VSA en een in Australië uitgevoer is, aangebied

Tabel 1: Gemiddelde speengewigte (205 d) in kruisings tussen Angus,

Suiwer rasse 186 kg
F1 kalwers vanaf suiwer koeie 200 kg
 
Suiwerras bulle op F1 koeie 208 kg
Kruisrasbulle op F1 koeie 199 kg
 

Tabel 2: Gemiddelde speengewigte van kruisings tussen Brahman en Hereford (Robertson, 1986) (Texas, VSA).

Ras van koei Ras van Bul      
  Brahman F1 Hereford Gem.
Brahman 166 185 202 184
F1 190 194 205 196
Hereford 174 172 167 171
Gemiddeld 177 184 191  

Tabel 3: Gemiddelde speengewigte van kruisings tussen Brahman en Hereford (Arthur et al., 1995) (N.S.W., Australië)

Ras van koei Ras van Bul      
  Brahman F1 Hereford Gem.
Brahman 232 245 258 245
F1 261 263 263 262
Hereford 260 250 239 250
Gemiddeld 251 253 253  

Tabel 4: Prestasie afwyking vir geboorte- en speengewigte van die nageslag van kruisrasbulle vanaf die nageslag van suiwerrasbulle (Thrift & Aaron, 1987) Opsomming VSA data).

Kruisings Persentasie verskil  
  Geboortegewig Speengewig
Bt. Bt. -1 0.1
Bi. Bt 0.7 0.6

Vanuit die studies kan kortliks die volgende gevolgtrekkings gemaak word, naamlik:

  • Dat die gebruik van F1 bulle geen verhoging in speengewig bo die van suiwerrasbulle tot gevolg gehad het, nie.
  • Dat kruisraskoeie gemiddeld 13% swaarder speenkalwers geproduseer het.

Die verbetering van enige eienskap a.g.v. die gebruik van kruisrasvaders sou 'n model vereis waardeur die manlike dier die prestasie van die nageslag sou beïnvloed deur 'n meganisme anders as sy bydrae deur die monsteringshelfde van sy kerngene wat hy aan sy nageslag oordra. Sulke meganismes bestaan gewoonlik nie waar dierprestasie ter sprake is nie. In hoogs uitsonderlike gevalle, soos byvoorbeeld in fetale ontwikkeling (Moor & Reik, 1996), is daar wel 'n meganisme ter sprake wat hierdie eerste oorerwingswet van Mendel ongeldig maak. Op grond van additiewe genetiese teorie sal dit dan ook teoreties maklik wees om die prestasie van kruisrasbulle betreklik akkuraat te kan voorspel.

In die geval van vroulike kruisings, sluit die model die materne effek in wat 'n addisionele bydraende invloed op die prestasie van haar nageslag het. Dit is dan om dié rede dat tradisioneel kruisingskoeie in kruisteelstelsels gebruik word.

In die algemeen is daar dus geen getuienis, beide in teorie en in praktyk, wat daarop dui dat die gebruik van kruisrasvaders geboortegewig, speengewig, voorspeense- en naspeense groei hoegenaamd addisioneel verbeter nie. Vanuit die oogpunt gesien, hou die gebruik van kruisrasbulle geen voordele in nie. Dit kan trouens eerder kruisteelstelsels aansienlik kompliseer en oneffektief maak.

Variasie in die nageslag van kruisbulle

Dit word dikwels voorgehou dat die nageslag van kruisrasbulle meer varieer of teoreties meer behoort te varieer as die van suiwerrasbulle. Alhoewel proefresultate in dié verband uiters beperkend is, is dit egter so dat geen betekenisvolle verskille in die variasie van die nageslag van suiwerras- en kruisrasbulle verkry is nie (Hokenboken, 1985). In die geval van skape is daar vir groei- en karkas eienskappe selfs minder variasie in die nageslag van kruisrasramme aangetoon (Bradford et al., 1963: Bidner et al., 1978; Stritzke et al., 1984)

Indien eienskappe deur baie gene beïnvloed word, soos trouens met meeste ekonomies belangrike eienskappe by vleisbeeste die geval is, sou ook verwag word dat dit a.g.v. monteringsteorie onwaarskynlik is dat genetiese variasie deur die gebruik van kruisrasbulle sou verhoog. Dit sou ook aansienlik moes verhoog ten einde 'n merkbare verhoging in fenotipiese variasie waargeneem sou kon word.

Die invloed van kruisrasbulle op vrugbaarheid

'n Verskeidenheid van studies het getoon dat kruisrasbulle geslagtelik vinniger ontwikkel as suiwerrasbulle en meer vrugbaar is. Verskille tussen kruisrasbulle en hulle ooreenstemmende suiwerrasgenote word opsommenderwys in Tabel 5 aangetoon.

Tabel 5: Persentasie afwyking van kruisrasbulprestasie vanaf suiwerrasbulprestasie vir vrugbaarheidseienskappe (Thrift & Aaron, 1987) (Opsomming, VSA data).

Eienskap    
Ouderdom by geslagrypheid Bt.Bt -5
Ouderdom 1st dekking Bt.Bt -6.1
Spermkonsentrasie Be.Bt 36.4
  Bi.Bt 56.1
Spermbeweeglikheid Bt.Bt 33.3
  Bi.Bt 10
Spermabnormaliteite (%) Bi.Bt 23.1
Skrotumomvang Bt.Bt 4.4
  Bi.Bt 8.4
Persentasie koeie dragtig Bt.Bt 0.2
  Bi.Bt 1.4
Speenprestasie Bi.Bt 4
  Bi.Bt 3.7

Waar Bt - Bos taurus
         Bi - Bos indicus

Dragtigheid was ongeveer 8 dae korter waar kruisingsbulle gebruik is (beide BT.Bt en Bi.Bt)

Daar kan verder ook met reg vermoed word dat sulke bulle 'n hoer libido en ietwat langer gebruikslewe mag hê, alhoewel laasgenoemde nie van enige praktiese of ekonomiese betekenis sou wees nie. Alhoewel daar dus 'n klein tot selfs aansienlike voordeel i.t.v. reproduksie-eienskappe in die guns van die kruisrasbul is, dit nie juis in die prestasie van die koeikudde gereflekteer nie, soos deur die klein verskil in speenpersentasie uitgedruk. Die verskille in kalf- en speenpersentasies kan waarskynlik ook aan 'n moontlike hoer libido by kruisrasbulle te wyte wees. Die ietwat hoër speenpersentasie (�4.%) is veel eerder die resultaat van laer neo- en postnatale mortaliteite van die kruisingskalf as die gevolg van die gebruik van die kruisingsbul. Daar blyk dus 'n beperkte voordeel in die gebruik van kruisrasbulle bo suiwerrasbulle i.t.v. produktiwiteit van die koeikudde te wees.

Kruisrasbulle in die produksiestelsel

 

Dit sou uiteraard kortsigtig wees om die gebruik van kruisrasbulle slegs i.t.v. enkele eienskappe te beoordeel. Die totale produksie en veral die winsgewendheid van die vleisbeeskudde is nie net van enkele eienskappe afhanklik nie. Op produksievlak is ekonomiese doeltreffendheid en ook wins die resultaat van 'n groot verskeidenheid faktore wat nie noodwendig 'n liniêre funksie daarvan is nie (Notter, 1987). Die moontlike voordeel in die gebruik van die kruisrasbul le dan nie slegs in die paterne heterose versus materne heterose van die kruisraskoei gesetel nie, maar is ook in 'n groot mate van die omgewing waarin die stelsel opereer, afhanklik.

Netto wins per eenheidsproduk kan gedefinieer word 'n funksie van drie komponente te wees, naamlik:

  • Die produkwaarde
  • Die koste van produksie en
  • Die koste van reproduksie (Moav, 1966)

Hierbenewens het die nageslag (produk), vader en moeder 'n bydrae tot netto winsgewendheid van die stelsel te lewer deur die koste wat met elk geassosieer word. Netto wins kan dus tot 9 komponente hê, wat die rol van die nageslag, vader en moeder op elke komponent van netto wins reflekteer. Dit kan as volg voorgestel word:

Invloed van die Produkwaarde Koste van produksie Koste van produksie
Bul   Laag  
Nageslag      
Koei   Hoog  

Indien een of meer van dié komponente nie gelyk tot wins bydrae nie, soos slegs in een geval hierbo aangetoon, is die winsgewendheid van die kruisrasnageslag nie gelyk aan die gemiddelde winsgewendheid van die twee ouerrasse nie. As die direkte bydrae van die bul en die koei dus ongelyk is, soos bv. vanweë die materne effek op produkwaarde, wyd die winsgewendheid van die kruisingspaar af vanaf die teoretiese midouer winsgewendheid. Hierdie situasie staan in die literatuur dikwels bekend as winsheterose, nie liniêr heterose of vader-moeder heterose. Belangrik egter is dat die keuse van 'n vaderras(se) nie onafhanklik van die keuse van die moederras is nie. Die keuse van rasse in 'n kruisteelstelsel wat maksimum wins in 'n bepaalde omgewing sal lewer, is dus nie 'n eenvoudige saak nie. Die keuse van 'n geskikte kruisrasbul wat hoe winsheterose sou gee, is dus veel moeiliker en gekompliseerd.

Vanweë die situasie, wat meestal ook in stresomgewings geld, kan die gebruik van kruisrasbulle wel voordele inhou ten einde 'n ideale genotipe daar te stel. Die gebruik van Bos taurus x Bos indicus (of vice vers) kruisingsbulle in sulke omgewings is bekend. In praktiese en ekonomiese terme beteken dit dat vir maksimum wins in 'n bepaalde omgewing, daar 'beste' raskombinasies is wat nie die moontlik gebruik van kruisingsbulle uitsluit nie. In die praktyk vind die teling en gebruik van sulke bulle veel eerder inslag in die ontwikkeling en vestiging van komposiete of sintetiese rasse (bv. Simbra, Brangus, bonsmare ens.), eerder as die aanwending van F1 kruisingsbulle uit suiwerraskrusings

Ter opsomming kan ons dus die volgende se:

  • Die grootste voordeel in kruisteling is in die gebruik van kruisingsmoeders gelee.
  • Kruisingsbulle verhoog/verbeter nie individuele eienskappe meer as wat suiwerrasbulle dit kan doen nie,inteenstelling met wat die geval by die kruisingskoei is nie.
  • Akkurate teelwaardes van sulke bulle is gewoonlik onbekend en kan eer beskikbaar raak as multirasevaluerings 'n werklikheid word (Pollak & Quaas, 1998). Die beskikbaarheid van hoe gehalte kruisrasbulle word ook bevraagteken, aangesien kruisteling nie juis in die geneties beste kudde toegepas word nie. Kruisingsbulle lyk of vertoon soms goed as gevolg van hulle eie heterose of die heterose van hulle kruisingsmoeder. Hierdie meerderwaardigheid kan egter nie na die nageslag oorgedra word nie.
  • Die gebruik van kruisrasbulle (veral F1) kan kruisteelstelsels kompliseer en selfs minder doeltreffend maak as bestaande suiwer rasse.
  • Kruisrasbulle het hoofsaaklik meriete in die ontwikkeling van sintetiese rasse waar daar 'n behoefte aan is. Beter gehalte bulle behoort ook meer geredelik uit sulke kuddes beskikbaar te wee.

Dus: As teler nie daartoe in staat is om kruisteelstelsels gehoorlik te kan beplan en uit te voer nie, dit beter is om by suiwer teling te bely, hetsy of dit met suiwer rasse of erkende komposiete is.

VERWYSINGS
ARTHUR, P.E. et al., 1995. Proc.Aust.Assoc. Breed. Genet.11,147
BIDNER, T.D. et al., 1978. J. Anim. Sci. 47,114
BRADFORD, G.E. et al., 1963. J.Anim.Sci. 22,617
HOHENBOKEN,W.D., 1985. J.Anim.Sci.60.101
MOAV, R, 1966. Anim. Prod. 8,193
MOORE, T. & REIK, W., 1996. Rev. Reprod. 1,73
NOTTER, D.R., 1987. J. Anim. Sci. 65,99
PEACOCK, F.M. et al., 1986. J Anim. Sci.62,47
POLLAK, E.J. & QUAAS, R.L., 1998. Prod. 6th Wrld. Congr. Gent. Appl. Livest. Prod. 23,81
ROBERSON, R.L. et al., 1986.J. Anim. Sci. 63,438
STRITZKE, D.J. et al., 1984. J Anim. Sci. 58,1138
SUNDSTROM, B. Et al., 1994. Proc. 5th World. Congr. Genet. Appl., Livest. Prod. 17,280
THRIFT, F.A. & AARON, D.K., 1987. J. Anim. Sci. 65,128

Verseker Maksimum wins deur te meet en te weet

Ensure Maximum Profit by Measurement and Knowing


ARC - Animal Improvement Institute, Irene
LNR- Diereverbeteringsinstituut, Irene

Privaatsak/Private Bag X2 Irene, 0062
Tel: (012) 672 9111,Fax (012) 672 9065

Vleis van die Veld

Matthys J Ungerer BChD; MBChB; Mmed (Anes)

Baie navorsing oor die voedingswaarde van rooivleis in die dieet en veral oor die risiko van hartsiektes is die afgelope dekades gedoen. Daar bestaan gee twyfel meer dat rooivleis een van die beste bronne, nie net vir proteïene is nie, maar ook vir talle ander lewensbelangrike voedingstowwe soos onder andere yster, Vit. B12 en ander minerale en vitamines. Dit word nou algemeen aanvaar dat vleisproteïene, per se, geen nadelige effek op bloedvette het nie. Oormatige inname van diervette mag skadelik wees. Daaglikse inname van matige hoeveelhede óf lenige rooivleis óf hoender óf vis het 'n cholesterol-verlagende effek en verhoog nie die risiko van hartsiektes nie. 

Inligting in die openbare media is meestal verwarrend - hoofsaaklik omdat beriggewing nie noodwendig aan eweknie-evaluasie blootgestel word nie. Daarenteen is wetenskaplike publikasies redelik betroubaar omdat dit wel aan eweknie-evaluasie blootgestel word.

Mozaffarian en medewerkers in 'n wetenskaplike oorsigsartikel wat op 13 April 2006 verskyn, kom tot die gevolgtrekking dat transvetsure 'n groter gevaar vir hartsiekte inhou as versadigde vetsure, soos wyd en syd verkondig is! Die skrywers se gevolgtrekking is dat transvetsure geen voordeel vanuit 'n voedingsoogpunt vir die mens inhou nie, maar wel 'n aansienlike skadelike potensiaal het, en inderdaad die risiko vir hartsiektes verhoog. Transvetsure ontstaan as plantaardige olies so prosesseer word dat die raklewe verleng word, die olie meer solied word, gebak effens smaakliker is en meer stabiel is sodat dit oor-en-oor gebruik word. Waar kry ons transvetsure? In Margarine, 'deep-fried fast-foods', bakkeryprodukte en 'crackers'.

Stender, Dyerberg en Astrup van Denemarke het die inhoud van transvetsure in 20 verskillende lande bepaal. Slaptjips(160gram) en hoender 'nuggets' (170 gram) wat by Kentucky Fried Chicken en McDonald's gekoop is, is ontleed. Suid Afrika het ontstellend swak presteer en van die hoogste konsentrasies transvetsure is hier gevind. Hulle beweer dat die inname van meer as 5gram transvetsure geassosieer is met 25 persent verhoging in risiko vir hartsiektes. In verskeie lande, onder andere Suid Afrika word hierdie waarde met 'n enkel porsie van hierdie kosse vet oorskry byvoorbeeld 30 persent van totale vette in hierdie disse is transvetsure. In lande waar wetgewing bestaan wat die gebruik van transvetsure beperk, byvoorbeeld Denemarke, is hierdie syfer so laag as 1%.

Daar is min wetenskaplike bewys dat of voerkraal (graangevoer) of vleis van veldbeeste gesonder of smaakliker as die ander is. Die mark is egter verbruikergedrewe. Ons kan wat-ook-al van die bergtoppe af skreeu oor die voortreflikheid van ons produk, die mark word bepaal deur die moderne huisvrou wat haar inkopies by supermarkte doen en sy het sekere persepsies, reg of verkeer, wat nie maklik verander nie.

Verskeie media en ook die Internet is tot almal se beskikking om persepsies te bepaal. Dit is 'n feit dat die verbruik van Natuurlike of Organiese vleis met 13% per jaar toeneem. Free Ranging eiers (met CLA en Omega3 vetsure) word in elke supermark aangebied en verkoop; mishandeling van diere word 'n 'issue', byvoorbeeld kastreer, onthoring en snawels knip sonder verdowing, die grootmaak hoenders in batterye, ensovoorts is nie meer aanvaarbaar nie.

'n Paar persepsies as voorbeeld:

  • Byvoegings - voerbyvoegings is skadelik vir die verbruiker;
     
  • Antibiotika soos tetrasikliene, oksitetrasiklien, bacitracin verbeter doeltreffendheid van groei (verminder lewerinfeksies, longinfeksies, anaplasmose, opblaas). (Gevaar van lae dosis antibiotika is dat weerstandbiedende mikro-organismes gekweek word en dat dit al hoe moeiliker raak om antibiotika te vind wat effektief is vir sekere menslike infeksies. Etlike outentieke gevalle is in literatuur rapporteer).
     
  • Ionofore (Rumensin en Bovatec) - ook 'n tipe antibiotika wat doeltreffendheid verhoog, asidose verminder, opblaas verminder, minder coccidiose, verbeter proteïensintense)
  • Hormone (Estrus-onderdrukking by verse - vroulike hormone, groei verbeter; buffers; ensovoort. (Laat 1950's het macho portiere by Les Halles, kosmark in Parys, die bynaam les fortes gekry vir hulle krag. Hulle het ook hoendernekke in groot hoeveelhede by slagters gekry vir wie hulle gedra het. Hul vroue het gunstelingdisse met hierdie hoendernekke voorberei en die les fortes het tot groot konsternasie ginekomastie (vergroting van borste) ontwikkel. Die probleem is eers opgelos toe vasgestel is dat hoenderboere 'pellets' met die hormoon, dietielstilbesterol, onder die nekvel van braaikuikens ingeplant het vir beter groei. Borste het begin afblaas nadat die konneksie gemaak is.) In The Times van 3 Julie 2006 berig oor verslag van Veterinary Products Committee: 'Huidige oorsig van alle getuienis suggereer dat die vlakke van menslike blootstelling aan hormonaal aktiewe bestanddele is vleis onvoldoende is om enige meetbare fisiologiese effek teweeg te bring'. In 'n minderheidsverslag se meneer John Verrall, 'n farmaseuties chemikus en verbruikersverteenwoordiger op die VPC dat 'metodes om veiligheid te evalueer totaal onakkuraat is en dat klein hoeveelhede geslagshormone in kos geslagsafwykings in seuntjies, vroeë puberteit in dogtertjies en verhoogde voorkoms van kanker in later lewe kan veroorsaak'. Die dilemma is dat intensiewe produksie meer en goedkoper voedsel aan meer mense beskikbaar stel. In Hollandse Supermarkte kos 'n eier nog steeds 10c soos 20 jaar gelede. Die verbruiker het egter meestal 'n keuse in ontwikkelende lande en talle verbruikers verkies sogenaamde 'free range' eiers en ander produkte
     
  • Besoedeling: Besoedeling is 'n newe-effek van intensiewe veeboerdery; dit raak 'n ernstige probleem om van afval ontslae te raak en nitraat-kontaminering van grond en water is reeds 'n ernstige probleem in Europa. Verder is in Australië bevind dat 13% van produksie van metaalgasse, wat kweekhuisegevare inhou (osoon-vernietiging en aardverwarming), van vee afkomstig is ('sg. 'mikrobiologie of belching and farting'). Die produksie van groot volumes metaan in die spysverteringskanaal van diere gebruik energie en veroorsaak minder doeltreffende groei. Dit lyk of diere selekteer kan word wat laer metaan produseer - dus diere wat meer doeltreffend sal groei en terselfdertyd minder besoedeling veroorsaak.
     
  • Die Mite van Geelvet Die aanwesigheid van geelvet word dikwels gebruik om laer pryse vir vleis van veldbeeste te beding. Blykbaar verkies die verbruiker wit vet. Dit is 'n wanpersepsie. Geelvet word slegs gevorm as die dier op groen gras wei en die kleur word veroorsaak deur karoteen, 'n voorloper van Vit A. Dit is dus 'n gesonde en nuttige bestanddeel van vleis en behoort voorkeur te geniet
     
  • Gekonjugeerde Linoleïensuur(CLA) CLA word bemark as 'n wondermiddel. Dr Pariza van Wiconsin Universiteit propageer dit. Dit is wonderlike verslanker, verminder liggaamsvette, vermeerder spiermassa ('body toner'), bestry kanker, verhoog metabolisme, verminder buikvet, verminder cholesterol en bloedvette, verlaag insulien weerstandigheid (voorkom diabetes) en verminder kosallergieë. Net te goed om waar te wees. Dit kom glo in groot hoeveelhede voor in melk, vleis en eiers van diere wat gras vreet. Die bedryf is sekerlik biljoene dollars werd. Mozaffarian en medewerkers bevind dat daar geen wetenskaplike bewyse bestaan dat Gekonjugeerde Linoleïensuur enige voordeel vir die mens inhou nie!.
     
  • Omega 3 vetsure Dit word ook beweer dat Omega 3 vetsure in groter hoeveelhede in eiers, melk en vleis van diere wat gras vreet voorkom en dat dit hartsiektes verminder. Wetenskaplike bewyse hiervoor is skaars. Ten spyte van al hierdie gifstowwe is Europeërs vandag gesonder as ooit en leef langer. 'n Pediaterverslag uit Spanje bevind dat gemiddelde jong Spanjaard 10 cm langer is as aan die begin van die 20ste eeu. Hollander is nou die langste nasie in die wêreld. Ontwikkelde lande kan dit bekostig om lekkerbekkig te wees, maar as jy in Darfoer woon eet jy enigiets wat jy in die hande kry of in grootste deel van Afrika eet jy enigiets wat jou nie eet nie.

Oplossing vir die Dilemma

Om die minste te se was baie inligting die afgelope dekades uiters verwarrend. Al hoe meer kundiges begin die probleem vanuit 'n ander hoek benader en argumenteer dat dieet van 'n spesie (mens of dier) nie na willekeur verander kan word nie. Dit berus op logiese, eenvoudige en sinvolle beginsels en sal, na my mening, die toets van tyd deurstaan.

 

Kortliks berus dit op die feit dat die mens vir om-en-by 2.5miljoen jaar sy dieet reeds gevetig het en dat ons liggame volkome daarby aangepas is. Vandat die moderne mens se voorgeslagte begin steenwerktuie maak het (naastenby 2,5 miljoen jaar gelede), kon hy prooi (aas?) begin afslag, en later aktief jag. Oor millenia heen het hy 'n bestaan as jagter-versamelaar gevoer (selfs vandag nog in enkele gevalle byvoorbeeld Boesmans) maar baie onlangs (minder as 10 000 jaar gelede) eers as landbouer, toe die bees, bok en skaap in die Midde-Ooste domestikeer is, en ook begin is om koring rog en ander grane te verbou (mielies eers heelwat later in Amerika.) Vir die eerste keer kon hy afsien van 'n nomadiese bestaan, maar die uiteindelike (tragiese?) gevolg is 'n oorproduksie van graan wat, soos algemeen bekend, gelei het tot die huidige massiewe oorbevolking wat selfs die bestaan van ons planeet bedreig.

Die moderne mens is dus onteenseglik aangepas by die dieet van die jagterversamelaar wat oor honderde duisende geslagte ontwikkel het. Hierdie dieet is grotendeels bekend aan wetenskaplikes soos paleontoloë en argeoloë, maar dit verg nie 'n genie om die eenvoudige intellektuele oefening te doen en te visualiseer waaruit hierdie dieet bestaan het nie. Die hoofkomponente was wildsvleis wat die jagers (mans) moes voorsien of vis en ander seekos vir die wat langs riviere, mere en die see gewoon het. Vols is sekerlik geëet mits jy dit in die hande kon kry. Dit spreek vanself dat hierdie uitstekende bron van proteïene en ander voedingstowwe van natuurlike oorsprong was en dat die vetinhoud betreklik laag was. Talle wetenskaplikes glo dat die brein van die mens nie tot sy buitengewone grootte kon ontwikkel sonder hierdie gekonsentreerde voedingsbron nie.

Die versamelaar (hoofsaaklik die vroue) het hoofsaaklik bessies en ander wilde vrugte, neute blare (groente), wortels (koolhidrate), sampioene en moontlik klein hoeveelhede wilde grane versamel; suiker was seker maar onbekend en soetigheid soos heuning 'n seldsame lekkerny, sout was waarskynlik ook selde of ooit beskikbaar. Die mens het dus ontwikkel as 'n omnivoor met vleis(nie oorvet vleis nie) as belangrikste komponent.

Na die ontstaan van landbou (slegs paar duisend jaar gelede) het grane, soos koring, al hoe groter rol gespeel; uiteindelik is surplus grane ook aan die diere begin voer en het vleis ook meer vet bevat. Tyd vir aanpassing by hierdie dieet is heeltemal te kort.

 

Vetsug en volwasse diabeet is in die ontwikkelde wêreld 'n enorme gesondheidsprobleme; daar word bereken dat daar tans meer oorgewig mense wêreldwyd is, as die miljoene was ondervoed is. Die oorsaak is voor-die-hand liggend, oormaat suiker en koolhidrate (veral 'Fast foods') en daarby 'n onaktiewe leefwyse was situasie vererger.

'n Dieet wat ooreenstem met die van die jagter-versamelaar is gebalanseerd en by ons sisteme aangepas. Alle voedingstowwe wat hiermee vergelyk word en die toets deurstaan kan nie skadelik vir die mens wees nie.

Nasionale Kampioenskappe Pretoria Skou 2008

Graag vestig ons u aandag weereens daarop dat 2007 'n Nasionale Kampioenskapsjaar gaan wees. Dit bring mee dat die Nasionale Kampioenskappe tydens die 2008 Pretoria Skou sal plaasvind. Dit is dus van die uiterste belang dat die lede nou reeds begin om hul skoustringe saam te stel met gepaardgaande ander aktiwiteite. Hierdie aktiwiteite behels o.a. die mak maak en die voeding van die diere, arbeid, ens. ens.

Die Raad doen dus 'n beroep op alle lede om aan die kampioenskapsjaar deel te neem. Kom ons maak 'n reuse sukses van die jaar.

LNR Beste Produserende Koeie

Die LNR Diereverbeteringsinstituut identifiseer jaarliks aan die begin van Junie die Beste Produserende Koeie in alle kuddes wat deelneem aan die Nasionale Vleisbeesverbeteringsskema.

Die vereistes waaraan koeie moet voldoen om so 'n toekenning te kry word in oorleg met die Nasionale Advieskomitee van die Skema bepaal en word hiernaas weergee. Die lys van die Beste Produserende Koeie wat in 2007 gekwalifiseer het, vir die Drakensberger ras, word in tabelvorm hiernaas weergee.

LNR Beste Produserende Koeie Toekennings - Vereistes

A. Geregistreerde rasse:

  1. Koei moet lewendig wees op lopie datum (normaalweeg op 1 Junie jaarliks) van die Beste Produserende Koeie verslag.
  2. Koei moet in besit wees van 'n aktiewe Vleisbeesskema lid op lopie datum van die Beste Produserende Koeie verslag.
  3. Koei moet minstens vyf natuurlike kalfdatums op rekord hê op lopie datum van die Beste Produserende Koeie verslag.
  4. Koei se ouderdom by eerste kalwing mag nie hoër wees as 1187 dae (39 maande).
  5. Koei se gemiddelde TKP (vir alle natuurlike kalwings) mag nie hoër wees as 425 dae.
  6. Koei moes 'n normale kalwing gehad het binne 548 dae (18 maande) voor lopie datum van die Beste Produserende Koeie verslag.
  7. Na die eerste kalf met 'n geldige speengewig, mag die koei maksimum twee kalwers hê sonder 'n speengewig of met 'n ongeldige speengewig.
  8. Teelwaarde vereistes:
    • Slegs koeie met LNR beraamde teelwaardes van 'n BLUP ontleding nie meer as 18 maande voor lopie datum van die Beste Produserende koei verslag, sal oorweeg word.
    • Speen direkte teelwaarde in die beste 50% van die aktiewe vroulike diere in ras.
    • Speen maternale teelwaarde in die beste 50% van die aktiewe vroulike diere in ras.
    • Geboorte direkte teelwaarde in die laagste 99% van die aktiewe vroulike diere in die ras.
    • Geboorte maternale teelwaarde in die laagste 99% van die aktiewe vroulike diere in die ras.

Let wel: Die nuutste teelwaardes beskikbaar op INTERGIS op lopiedatum van die Beste Produserende Koeie verslag sal altyd gebruik word.

9. Minimum aantal kalwers met geldige speengewigte:

Elite toekenning : 7 kalwers  
Superieur toekenning : 6 kalwers
Voortreflik toekenning : 5 kalwers

Van die 111 koeie wat hierdie toekennings ontvang het, was 44 daarvan Elite, 24 daarvan Superior en 43 daarvan Voortreflik.

LNR-VleisbeesverbeteringsKudde Van Die Jaar Toekennings

Doel van die toekenning is om aan lede wat aan die Nasionale Vleisbeesverbeteringskema deelneem erkenning te gee wat goed presteer ten opsigte van prestasietoetsing, genetiese verbetering, teling en bestuur van hulle kuddes.

Onderstaande is die vereistes waaraan 'n kudde moet voldoen om as finalis te kwalifiseer.

Vereistes:

  1. Aktiewe deelname van die kudde aan die Nasionale Vleisbeesverbeteringskema vir minstens 3 jaar.
  2. Kommersiële kuddes moet minstens deelneem aan Fase A en B en stoetkuddes aan Fases A, B, C en/of D.
  3. In Fase A moet minstens geboorte-, speen- en koei- massas (by geboorte en/of speen van die kalwers) aangeteken word.
  4. In Fase B moet minstens 12- en/of 18 maande gewigte van verse aangeteken word.
  5. Minimum 20% van die bulkalwers gespeen, moet in Fase C of D getoets wees.
  6. Die gemiddelde tydsverloop van wegings tot ontvangs van data (Fases A en B) by streekkantore mag maksimum 30 dae wees.
  7. Die akkuraatheid van alle prestasietoetsdata moet binne aanvaarbare norme wees.
  8. Minimum van 50 koeie in kudde.*
  9. Maksimum van 415 dae vir gemiddelde TKP vir alle koeie in die kudde.*
  10. Maksimum van 36 maande vir gemiddelde ouderdom eerste kalwing vir alle koeie in kudde.*
  11. Maksimum van gemiddeld 415 dae sedert laaste kalwing vir alle koeie in kudde.*
  12. Minimum 96% kalwers lewendig gebore.*

* Volgens die nuutste Teelkudde seleksieverslag van die kudde.

Vir die jaar 2007 het 8 (11.1%) Drakensberger kuddes uit 72 kuddes wat aan die Vleisbeesverbeteringskema deelneem gekwalifiseer as finaliste. Nasionaal het 93 (9.6%) kuddes as finaliste gekwalifiseer uit 964 stoetkuddes van rasse wat deelneem by INTERGIS.

Daar neem tans 7 107 (6.0%) vroulike Drakensberger diere 24 maande en ouer aan die Skema deel teenoor die 118 639 van rasse by INTERGIS.

Tabel 7.4.1 weergee die Drakensberger kuddes wat as 'n finalis of as wenner op provinsiale basis aangewys is. Baie geluk aan hierdie telers, tw. Edwin Schroeder, John Roos, Johan Oelofse, Johannes Vos, Tienie Ferreira,Johan Rautenbach en Gawie Roux wie as finaliste aangewys is. Spesiale gelukwense aan Magiel Blom wat vir die tweede agtereenvolgende jaar as wenner van die Mpumalanga Provinsie aangewys is.

Tabel 7.4.1

Provinsie Kudde Toekenning Aantal vroulike diere >24mde OEK TKP Rep. Ind.
KwaZulu Natal E M Schroeder Finalis 101 32 384 106
Mpumalanga M C Blom Wenner 128 35 376 101
  Buffalo Valley Wenner 179 34 394 102
  J J Oelofse Finalis 116 35 386 103
  J Vos Finalis 107 32 406 104
Noord Wes M S Ferreira Finalis 86 33 397 104
Vrystaat J A Rautenbach Finalis 205 36 382 104
  G W Roux Finalis 97 33 415 100

Farmers Weekly - LNR Elite Koei

Die LNR-Diereverbeteringsinstituut identifiseer jaarliks op die 1 Junie die Beste Produserende Koeie in alle kuddes wat deelneem aan die Nasionale Vleisbeesverbeteringskema. Die vereistes waaraan koeie moet voldoen om so 'n toekenning te kry word in oorleg met die Nasionale Advieskomitee van die Skema bepaal.

Wat 'n uitstekende rekord: Kalf vir die eerste keer op 24 maande ouderdom, nog nie 12 jaar oud nie met reeds 10 kalwers met 'n gemiddelde speenindeks van 104 en 'n reproduksie indeks van 118. Baie geluk aan Fanie en Linnie met hierdie prestasie.

Die Farmers Weekly trofee sal Dinsdag 28 Augustus 2007, tydens die Nasionale Vleisbeesverbeteringskema Toekenning Seremonie by die Pretoria Skou oorhandig word. Die seremonie begin om 18:00 in die Hoof Arena waarna gaste na die Baobab funksielokaal gaan waar die toekennings tydens 'n formele dinee oorhandig sal word. Tshwabac (Pretoria Skou) stuur 'n formele uitnodiging vir hierdie geleenthede aan die presterende persone.

Nampo 2007

Nampo 2007 het weereens bewys dat dit loon om te adverteer en promosiewerk te doen. As ons dit meet aan die aantal entoesiastiese boere wat met Drakensbergers boer, wat by ons stalletjie kom dagsê het, dan is ek tevrede dat die Drakensbergers op die regte pad is. Daar is 63 name in ons besoekers boeke, waarvan 40 van hierdie boere is wat met ongeveer 8000 suiwer Drakensberger koeie en nog baie kruis Drakensberger koeie boer.

Hierdie is boere met Drakensbergers wat ons nie van geweet het nie. Telers en klubs kan gerus die name en adresse uit die boekie aanvra en dit gebruik om kopers mee te werf vir hulle veilings of vir bemarking.

Ek het 'n uitstaller wat spesialiseer in die opmeting en maak van plaas- en landkaarte gevra hoeveel inkomste sy stalletjie vir hom genereer in Rand en sent, sy antwoord was dat die bedrag 'n halfmiljoen rand oorskry.

Vir ons is dit moeilik om ons uitstalling en promosie in geldwaarde te meet. Ek kan u verseker dat die beeste wat Reinier van Rensburg, Tienie Ferreira en André van Dyk uitgestel het, so beïndruk het dat ons nog lank dividende sal hê in die vorm van aanvraag na bulle en vroulike diere. As ek die afgelope drie jaar se statistiek neem, glo ek ons stalletjie beteken vir telers maklik 'n geldwaarde van 2 tot 3 miljoen rand. Ek wens so ons stoettelers kan boere se entoesiasme vir ons beeste beleef en ervaar, dan sal dit weer stukrag verleen aan ons taak om maar net die beste teelmateriaal moontlik aan die beesboer te verskaf.

André van Dyk se bul, Reinburg Rally, is in die Interras beoordelaarskursus vierde geplaas. Hierdie bul het vir ons promosie werklik baie beteken met sy pragtige gespierde bouvorm, diepte, breedte en 'n besonders ontwikkeling oor die lende. Groot dank vir jou moeite André, om die bul so ver te bring en weer te kom haal. Groot dank aan Tienie Ferreira en sy seun Charles wat weereens vir ons top diere gebring het vir ons buitekraal. Die vier 18 maande oue bulle was werklik iets besonder om te sien. Aan Reinier van Rensburg ons ou 'skou staatmaker' groot dank vir die pragtige koei, vers en jong bul wat so mooi onder die spreiligte vertoon het, ons sal jou nooit genoeg kan vergoed en bedank vir die reuse promosie taak wat jy vir ons Genootskap verrig nie.

Dank aan Reinier en Tienie vir hulle onvermoeide promosiewerk gedurende die vier dae. Dankie aan alle stoettelers wat kom dagsê het en baie dankie aan die baie goeie vriende en ondersteuners wat kom besoek aflê het.

Piet de Villiers

Ons dank en waardering aan Piet de Villiers vir sy onbaatsugtige diens en promosie van ons ras. Red.

Stigting Van die NWDK

Tydens 'n inwydingsvergadering gehou op 28 Februarie 2007 te Klerksdorp, aan huis van Tienie Ferreira, is daar eenparig deur die tien belangstellende telers teenwoordig besluit om die klub te stig.

Na heelwat bespreking, is daar besluit op die naam 'Noordwes Drakensberger Klub',asook eenstemmigheid bereik oor verskeie ander punte. Die bestuur sal voorlopig deur die lede gesamentlik behartig word, met SP Fourie wat as sameroeper optree.

Die Klub is op 11 Mei '07 op 'n Dagbestuursvergadering van die Genootskap goedgekeur. Daar is tans sewe stoettelers in die Klub en met 'n baie suksesvolle promosieveldtog agter die rug, is die belangstelling in die Ras weer opnuut hier aangewakker.

Die Klub se eerste veiling sal plaasvind op 17 Oktober 2007 te Hartbeesfontein Veilingskrale. Die veiling word voorafgegaan deur 'n Inligtingsdag wat beplan word vir 3 Oktober 2007.

Alle Drakensberger Telers en belangstellendes word uitgenooi om die Klub te kontak by 082 745 4906 / 082 326 3228.

NWDK Lede inligting
  • AUSHALTEN : Die Stoet is begin om bulle te teel vir ons kudde van 450 Drakensberger koeie. Die stoetdiere is van Dawie Bezuidenhout van Schweizer-Reneke aangekoop. Die naam Aushalten beteken Uithou, soos ons diere in alle omstandighede doen.
     
  • BLACK FOX : In 1973 is 9 diere gekoop uit 'n geslote kudde van Kerneels Uys. In hierdie nuwe kudde is daar oor 'n tydperk van 34 jaar slegs 6 bulle en 19 koeie aangekoop om die genetiese poel te verbreed. Die Black Fox stoet is registreer in 2004 en bestaan tans uit 110 produserende diere. Bulle wat huidiglik geteel word is gehard en word op 12 maande gekeur na voltooiing van fase D toets. Keuring vind weer plaas op 24 maande en die selektiewe suksesvolle keuses word aan die mark beskikbaar gestel. My misie is om vrugbare diere te teel wat goed aangepas is in die Noordwes provinsie. Hierdie diere sal in enige kudde in die land inpas, aanpas en presteer.
     
  • BONHEIM : Die kudde ontstaan in 1975 uit diere van Buffalo Valley, (Roos, Carolina) en van Kootjie Badenhorst (Hartebeesfontein) en 'n paar Uys-tipe koeie wat op die plaas was. In die daaropvolgende jare word diere ingekoop van Dawie de Villiers, (Warden), Hennie Ahlers, (Drakensoetoe-stoet) en op die Rouvus veiling in 1999. Bulle met 'n invloed op die kudde was: Churchill (Baffalo Valley), Dokter (Badenhorst), Sardoville Mooidag (de Villiers), Ncaga (VT en Böhmer), De Hoek Springbok (Flip Botha), Waldberg Kenridge (Beneke), Matoppie Adamstor (B Vorster), Grasmunt Chaka 3 en Grasmunt Kok (Carel Nel) en van eie geteelde bulle. Vanaf 1997 word uitstaande bulkalwers aan 'n ekstensiewe LNR Fase D veldtoets onderwerp. Uitgesoekte Bonheim bulkalwers presteer uitstekend in LNR Fase C groeitoets. Drie jaar oue bulle word van die veld af verkoop. Ons leuse :Voeg net veld en water by en die Bonheim bul is 'n aanwins vanaf dag een.
     
  • FOURBOU : Is 'n jong dinamiese stoetery wat bereid is om te leer. Die kwaliteit word gereguleer deur die feit dat sy oorsprong lê in die kombinering van BV en Rouvus bloedlyne, met BV July as Stoetvaar. Mediumraam vroulike diere met goeie loopvermoê, vrugbaarheid en baie melk word gebruik. Die strewe na ekonomiese doeltreffendheid met die Standaard van Voortreflikheid van die Drakensbergerras as riglyn, dien as raamwerk vir kudde verbetering.
     
  • MEELSNOET : het in 2001 as kommersiële kudde ontstaan. In 2006 is met stoetteling begin. Diere is aangekoop vanaf Gawie Roux (Rouvus) en Piet Botha (Frelon). Bulle wat tans in kudde gebruik word, is Brakenjan Voorspoed 4 ('n Calvyn 2 seun) en Meelsnoet 0001 ('n Swartkor 8716 seun).
OTDK Belfast Veiling

BELFAST VEILING VIER 21 JAAR

Die Belfast Groep Telers het met die mondigwording van die Belfast veiling besluit, om die veiling in samewerking met die OTDK, aan te bied.

Daar is deur die jare verskeie versoek aan die groep gerig om die Belfast veiling 'oop' te gooi vir ander stoettelers om diere aan te bied. Met die 21ste jaarlikse veiling op 14 Augustus 2007, het die Groep Telers besluit dat die tyd ryp is, om die veiling saam met die OTDK aan te bied.

Dit bied aan alle lede van die klub die geleentheid om diere op die Belfast veiling te verkoop. Vir sommige lede bied dit 'n uitkoms, aangesien Belfast heelwat nader is. Baie lede van die OTDK is verheug oor die samewerking omdat dit nuwe moontlikhede inhou vir uitbreiding van hulle bulverkope in 'n nuwe omgewing. Vir die oorspronklike groep telers, bied dit weer 'n veiling wat met top diere aangevul word, wat die koste spiraal help beperk. Soos baie van die bultelers weet, is die koste van so 'n produksieveiling baie hoog. Deur samewerking kan baie kostes bespaar word.

Vir die voornemende kopers bring hierdie gesamentlike veiling groter verskeidenheid, en derhalwe 'n groter genepoel om van te kies. Die meerderheid van hierdie bulle wat op 14 Augustus 2007 op Belfast aangebied word, is van die koue Mpumalanga Hoëveld. Daar sal uiteraard verskillende telers en verskillende teel- en voedingsstrategie op die veiling verteenwoordig wees, maar dit skep keuses vir die kopers.

Baie geluk ook aan die OTDK, wat deur hierdie stap, die eerste Drakensberger Klub word wat twee amptelike veilings aanbied, naamlik. Belfast en Ermelo!!

Die Groep Telers wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om al die kopers en die borge wat hulle oor die afgelope 20 jaar so getrou ondersteun het, te bedank. Die sukses van die veilings, vir soveel jare is aan julle te danke. Dankie ook aan ons Hemelse Vader wat al die telers (verkopers) oor die jare geseën het met oorvloed.

Alle voorspoed aan die oorspronklike telers en die klublede wat hierdie veiling aanbied en mag die veiling onder die OTDK vaandel net van krag tot krag gaan.

Kobus Davel
2007.06.27

Hoëveld Drakensberger Studiegroep

Hierdie Studiegroep is nou twee jaar oud en ons ledetal staan op 'n allemintige 125 lede.

Ons het op 16 April 'n baie leersame en geslaagde boeredag vir ons lede en ander belangstellendes aangebied op Langspruit, die plaas van Oom Koos en Gert du Preez.

Twee veeartse naamlik Dr. Francois de Villiers en Dr. Barry Coats het referate aangebied oor die voorbereiding van speenkalwers vir die voerkraal; en reproduksie van vleisbees koeie. Hulle het op waarlik interessante en leersame manier die 70 boere wat die dag bygewoon het se aandag ten volle aangegryp.

Me. Rachelle Cloete het 'n nuwe oorplaatjie met 'n 'bar code' staafkode kom bekend stel. Daarna is daar heerlik saam middagete geniet en almal kon die du Preez se vee hantering fasiliteite en koeie besigtig.

Tydens ons vergadering is 'n nuwe voorsitter verkies. Hy is meneer Piet Snyman, wat ook ons finansies hanteer. Ekself is sekretaris, Zirk Wolmarans is tegniese beampte en meneer Gert du Preez en James Streak addisionele lede.

Ons bedank Oom Koos du Preez, as ons Voorsitter vir twee jaar, vir sy entoesiasme en leiding van ons studiegroep. Dankie vir ons borge, Afgri en Intervet, wat die dag moontlik gemaak het sowel as die Du Preez's vir die gebruik van hulle kombuis en skuur sowel as hul insette om ons lede en besoekers te kon laat tuis voel.

Omdat ons studiegroep die aangrensende distrikte bedien wil ons ook van die geleentheid gebruik maak om u uit te nooi na die 100 jarige viering van Standerton se Skougenootskap gedurende die Standerton skou op 2, 3 en 4 Augustus 2007. Daar is alreeds 3 vertoners ingeskryf met 'n totaal van 42 Drakensberger beeste. Hierdie diere sal op Donderdag 2 Augustus onder beoordeling wees. Die interras beoordeling sal plaasvind op Vrydag 3 Augustus, met 'n groot veeparade om 18:00 daardie aand. Kom ondersteun ons skou asseblief.

Piet de Villiers

Dringende Beroep

Graag versoek Piet dat alle stoettelers wie se veilingsbulle- of met skoustringe wat reeds gereed is, om hierdie diere in te skryf vir die skou. Die 100 jarige fees is tog immers 'n groot geleentheid. Die Genootskap ondersteun hierdie beroep. Kom ons oordonder die skou met Drakensbergers.

8.7 NWDK Inligtingsdag

So pas gestig en klaar afgeskop. Baie geluk aan die NWDK met die aanbieding van hul eerste inligtingsdag in die Noord Weste. Die program is nog nie gefinaliseer nie, maar dit beloof om baie interessant te wees. Die President, Mnr. John Roos, sal onder andere as 'n spreker optree.

Weens die talle navrae wat die klub gehad het vanaf medetelers asook belangstellendes oor ons Inligtingsdag, het hul dit goedgedink om die datum te verskuif na Saterdag, 6 Oktober 2007.

Alle belangstellendes: Neem asseblief kennis en teken hierdie datum in u dagboekie aan sowel as die NWDK se eerste Klubveiling wat op Woensdag 17 Oktober 2007 sal plaasvind.

Navrae kan gerig word aan SP Fourie by Sel. 082 745 4906 of Tienie Ferreira by 082 326 3228.